Wie Is Ons

Agtergrond van Krüger Makelaars

Krüger Makelaars is ʼn familiebesigheid wat in 1992 deur Pieter gestig is. Dit was bedryf uit ʼn enkel-motorhuis met slegs ʼn telefoon en faksmasjien. In die begin jare het Pieter ondersteuning van Magriet gekry wat intussen uitgetree het. Omrede hierdie ʼn familiebesigheid is, was Pieter se kinders altyd betrokke by die besigheid en het soms die telefoon geantwoord en gedurende skoolvakansies gehelp met takies.

In 2002 het Kristiaan aangesluit by Pieter. Met net bietjie meer as 30 jaar se ondervinding tussen hulle, vorm hulle ʼn gedugte Pa en Seun span. Krüger Makelaars se kliënte is nie net nommers nie, maar kry persoonlike aandag. Krüger Makelaars stel altyd die kliënt se belange as die hoogste prioriteit.

Krüger Makelaars is KORTTERMYNVERSEKERINGSPESIALISTE. Ons spesialiseer daarin om die korrekte dekking vir jou as kliënt se behoeftes en risiko teen die beste moontlike premie in die mark te verskaf.

Ons besef dat versekering eers by eise-stadium getoets word. Daarom poog ons om alle eise, met jou as kliënt se samewerking, binne ʼn redelike tyd af te handel.

afr Slogan Black

 Kyk na ons insestel wat op Ontbytsake uitgesaai was (DSTV Channel 144)